Sabbatsreis deur Annelie Botes (Afrikaans, Paperback) - CAMBRIDGE ACADEMY

Tafelberg Publishers Ltd

R325.00
Write a Review
SKU:
CambridgeAcademy ISBN 9780624045106
Availability:
This title ships within 7-10 days based on stock availability. Shipping cost to your door is based on your total order volume and calculated at checkout.
Adding to cart… The item has been added
Sabbatsreis (Afrikaans, Paperback) Author/s: Annelie Botes ’Die vliegtuigwiele lig. Ek skeur los van Afrika. Uiteindelik begin my reis Engeland toe, om ponde te verdien. Niemand weet ek gaan by ’n brug in Londen afspring nie. Want ek is sat baklei teen ’n geldgemors wat ek eiehandig geskep het. Dobbel en foreign exchange het my sewentig maal sewe keer hel toe en terug gestuur. My sabbatsreis was ’n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar my dwingende behoefte om in my eie spieël te kyk, was nog nooit groter nie. Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg, soos die mislaag op die spieël weggewasem het, het ek agter my in die spieël ’n skare gesigte gesien. Soekers, soos ek ... Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseëndes. Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieëlskare in te stap. Want dalk lê die essensie van die lewe iewers in dié menigte. As ek nie daar gaan soek het nie, sou ek nooit weet nie.   Dit was ’n ongelykpad wat my meermale té diep in myself laat verdwaal het. Algaande het ek egter my doolhof beter begryp, die ontrouheid van my lewensmaat, die aborsie. Dat ek die pad geloop het, enduit, het my verander. Uiteindelik kon my eie stem in harmonie kom met die neuriekoor, het ek besef dat elke aardling op sy eie sabbatsreis is. En kon ek uiteindelik tuiskom in die Kanaänland van melk en heuning – in myself.