Trits: Mis, Mirakel, Drif: Drama en aantekeninge: Grade 12 (Afrikaans, Paperback)

Maskew Miller Longman

R198.00
Write a Review
SKU:
ISBN 9780636085602
Availability:
This title ships within 7-10 days based on stock availability, with R75 minimum shipping cost.
Adding to cart… The item has been added
Trits: Mis, Mirakel, Drif: Drama en aantekeninge: Grade 12 (Afrikaans, Paperback) Author/s: Reza de Wet   Reza de Wet, bekroonde dramaturg van Vrystaat-trilogie, lewer met Trits: Mis, Mirakel, Drif, 'n tweede trilogie waarin sy noukeurig gestruktureerde werke met die rare kombinasie van speelbaarheid en leesbaarheid gebruik om boeiende verhale oor te dra.   Die vervlegting van die naiewe, die groteske en die bonatuurlike, asook die stryd van die menslike gees om bevryding, bind Mis, Mirakel en Drif tot 'n drieluik, 'n musikale eenheid as't ware, waarin variasies van verskeie temas weerklink.   Al die "verlore persone" ontsnap uit 'n verstikkend gewone lewe en betree deur die toedoen van "teater" en 'n reeks "towenaars" die buitengewone, dog gevaarlike wereld van fantasie en vervulling.   Terselfdertyd verskil die drie stemmingstukke wesenlik van mekaar omdat elk 'n spesifieke atmosfeer het.   Hierdie uitgawe help Afrikaans Huistaal-leerders met hul voorbereiding vir die Nasionale Graad 12-eksamen.